1501) Die mooi in mens
as ek maar sê ons baie keer
ek het ervaar die gee
van ’n mens se siel
gee van jou tyd
jou omgee wys
albei baat ons
ons lewe
vandag het die een rand
vir ’n honger siel
vyftien rand geword
meer as tien maal meer
die brood en sop
het geeskos geword
die flits van die oog
ons siele blootgelê
die wolk het weggetrek
en ’n stukkie hemel gewys
jy koop nie ’n kaartjie
na die ewigheid
maar ’n bietjie menswees
is ewigheids tyd
Leave a Reply
Be the First to Comment!