1502) Dit is weer die tyd

1502) Dit is weer die tyd

dat jy stil bedonnerd raak
soos die eerste blare
die volgende seisoen
nader roep

verkleur jou wêreld
en myne

dit word vrolik bruin
om dan kleurloos bleek

grondwaarts te tol
onbeheerst soos

jou bedonnerdgeit

jy tuur na die blou

op die horison
jou praat is min

ek warrel soos spookasem
om jou rond

jy sien my nie

ek vries
tot die lente

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz