1503) Ek het gedink ek gaan dood
ek was naby
die satan se vuur
my sweet het rivier gevloei
ek het gekwyl van ly
my maag wou satan uitruk
om vir die jakkalse te gooi
die donker gat
het gegaap
maar God het my lankal belowe
op die top van die berg
sal hy my ontmoet
al wat ek weet
daar is baie berge
in ’n bergreeks
(geskryf 00:30 24 jan 2009
nadat ek voedselvergiftiging opgedoen het
ek sal nooit weer ’n paai in die kaap eet nie )
Leave a Reply
Be the First to Comment!