1504) jy verdien hemelpunte
toe ek van die berg
afgeval het
het jy opgeklim
en my vasgehou
die sweet en klippe
met jou tissue afgevee
toe ek gebibber het
het jy met jou saglyf
my in die donker vertoos
jy het vir my gesing
vanuit die newels het ek
jou engelstem gehoor
toe ek oopoog verwonder lê
was jy daar
Leave a Reply
Be the First to Comment!