ek stap uit die sel
die tralies se streep
skaduwees lê agter my
die nagslot wat jou
in die sel vaskeer
het vir die laaste keer
oopgeknars
ek stap uit
in witlig
wat streel oor my vel
en kyk om
dood en koud eenkant
staan jy daar
sel van die dood
ek kan weer lewe
Leave a Reply
Be the First to Comment!