1507) Weet nie van beter
die vrouens van hierdie dorp
weet nie van beter
hulle dra almal dieselfde
haarstyl en blomrokke
hulle kry nooit blomme nie
die manne spog in die kroeg
en huil oor die bote
en double cabs
wat die balju gevat het
hulle spog oor hoeveel vrouens
hulle al gespyker het
Twaalfuur maak die kroeg toe
en die manne slinger huistoe
waar die spykers wag
sy staan in haar blom kamerjas
die ketel stoom
hy sal nie waag om haar
weer te bliksem
of te spyker
Leave a Reply
Be the First to Comment!