1517) Kakpad
ek is nie
‘n kla gat nie
maar dit is
‘n kakpad
die padkaart het
ek gelees
die roete gevolg
gedraai, gestap
wanneer ek moes
toe slaan ek
die modderpad
my wiele het
gespin
ek het dwars gedraai
my bumper opgefok
my deur geduik
ek blink nie meer
ek is nie meer so
mooi nie
ek sit nou
in die modder vas
wie sal my uitsleep
ek kyk nou na U
die padkaart
my lewenskaart
het van U gekom
my GPS is nou stukkkend
U het my in al hierdie
kak laat beland
U het nie my GPS
ingestel nie
God kyk af en sê
my kind
die kruisboek
is die instruksie boek
Leave a Reply
Be the First to Comment!