1597) Soos trosse

1597) Soos trosse

Die trosse donker
blou hang
hulle word wreed gesny

in hope gepars
tot die laaste sap

die doppe
onverskillig eenkant
die soet rooi sap
na die vat

in die donker
fermenteer die rooi

uit die donker put
jare wyser

word wyn gebottel
om jare deur
donker glas

die wêreld te sien
en wys te word

die wysheid reis
deur dowwe are

die wysheid uitgespoeg
beteken niks

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz