1599) Tyd gly

1599) Tyd gly

die sandkorrels van die
uurglas ruis verby

die horlosie se wysers
spin ongestoord

die staanblok
tik-tik
en vertel

bliksem
jou tyd kom nader

ek besef verskrik
die klok is oud

sy hart bons vinniger
die tyd vlieg

ek val op my knieë
en vra

God gee my geld
vir ‘n nuwe klok

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz