1621) Reis terug
die reuk van mieliepap
stuif op in my neus
karplaks val ek
op die vloer van gister
ek is 10 jaar oud
oupa is besig om pap te maak
die koolstoof gloei rooi
soos oupa se boxer twak pyp
die langtuit koffiepot
spoeg spoeg op die warm plaat
die geur van moerkoffie
sprei deur die huis
dit was die dae van ons jeug
kommervry en sorgeloos
menswees dae
Godgegewe oomblikke
waarna ons verlang
Leave a Reply
Be the First to Comment!