1655) My woeste vriendinne …
jy daar in sandland
lewe al baie jare
met ’n leë hart
jy daar op die knersvlakte
ken nie geluk
jy met die blinkoog en lag
God se vuur brand in jou
jou lig het op
my pad geskyn
jy daar in die karoo vlaktes
jou hartseer
het ek al gister gesien
daar teen die weskus
in ’n wit huisie
sit jy en tuur
en tel die branders
soos die leë dae
vir jou bid ek
vir jou wat so lekker kan eet
toe ek net slaai bestel
het jy bokbek getrek
en was vies vir my
vir jou wat
die diep sad
in jou oë het
maar ook lag
jy sal gehoor word
Leave a Reply
Be the First to Comment!