1743) ‘n ster verskiet
voordat sy kan val
het ek haar gevang
ek het amper my
vingers verbrand
sy het bewend onder
die komberse gelê
haar oë was wild
ek het haar gesig
met ‘n warm waslap
skoongemaak
en warm milo
het haar oë gesluit
ruk ruk het sy geslaap
en lelik gepraat
groot oog het sy
smekend gesê
dit is koud daar alleen
die geknakte blom
het ek gespalk
sy dra nou
die mooiste blomme
in my tuin
Leave a Reply
Be the First to Comment!