1746) 365 gordyne

1746) 365 gordyne

elke jaar begin met 365
baie jare se gordyne
het ek elke oggend oopgetrek

soms het ek skrefiesoog geloer
soms rooioog
soos hartseer
soms kwaad
soms bitter
soms vreugdevol
soms dankbaar
soms siek

maar elke dag moet ek
die gordyn ooptrek

dit gaan deesdae moeilik
maar ek kan nie anders nie

die flou lig van die
wolkson val op my kruisboek

ek lees nie elke dag
want die woorde maal
in my gees
vir ewig

die pyn is erg vanoggend
toe ek die gordyn ooptrek
is daar ‘n muur

my siel spring deur die muur
‘n NUWE LEWE

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz