1747) Ek wil nie meer rondkyk nie

1747) Ek wil nie meer rondkyk nie

daar is so baie mooi
in hierdie wêreld

ek het ‘n mooi motor gesien – blink
ek het ‘n mooi huis gesien – grand
ek het ‘n mooi rok gesien – sexy
ek het ‘n mooi meisie gesien – wow
ek het ‘n mooi model gesien – glansend
ek het ‘n mooi vrou gesien – volwasse
ek het ‘n mooi boek gesien – interessant
ek het mooi woorde gesien – verkwikkend

ek maak die pharos oop
ek maak die collins oop
ek maak die oxford oop

miljoene woorde staar my aan

ek kan nie skryf nie
ek moet net hierdie
woorde rangskik
afrikaans, spaans, engels
frans, italiaans, skotland
en wallis

ek wil nie meer rondkyk nie!

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz