1752) my hart breek

1752) my hart breek

as ek die rooioog kinders sien
stap agter ma en pa
in die mall

hulle kyk kuiserig na
die somerklere in die
woolies venster
ma ruk hulle weg

en gooi ‘n bang oog
na hulle pa

hy is nie meer haar
man nie
na soveel klipdrif
is hy haar kinders
se pa

ek sien dit alles
en vele meer

ek vra en vra
my God

waarom al
hierdie onregverdigheid

waarom die kinders

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz