1759) Droomvrou

1759) Droomvrou

in die oggend
as jou wimpers nog
deurmekaar is

is jy op jou mooiste
as die sag van droomland
nog in jou oë is
en klaasvakie se droomsand
nog op jou wang lê

dan dink ek met dankbaarheid
aan daardie onweersdae
toe ons bang was

toe ons onder die kleed
van genade kon skuil
daarsonder sou ons nie vandag
saam kon gesnoesel het nie

die dag toe ek bang was
gooi jy my met ‘n hand
vol sonstrale
en ‘n liefdeslag

as ek jou soen
lees ek jou oë

dan smelt jy soos
die aarbeiroomys wat ons
lank gelede langs die
swembad geëet het

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz