1760) My skepper
die dag toe jy
die gedagte gekry het
om iets skeppends te skep
het jy seker by jouself gelag
jy gaan my nie mooi maak
ek sal self mooi moet word
jy gaan my nie sterk maak
ek sal self moet uitvind
waar my krag vandaan moet kom
ek gaan jou nie ‘n suiwer stem gee
jy moet maar so hees hees deur
die wêreld gaan
ek gaan nie geld gee nie
maar die goud wat jy het
moet jy deel
maar wat ek jou gaan gee is
‘n saadjie van geloof
wat jy moet water gee
ek gee vir jou visie
sodat jy die ewigheid
kan sien
ek gee vir jou ywer
sodat jy die berge
wat ek gee
kan klim
ek gee vir jou
‘n mens hart
wat warm kan klop
sodat jy liefde kan deel
Leave a Reply
Be the First to Comment!