1761) Hond alleen
Die spca in transit kamp
is nie ’n speelkamp nie
sê die swarthond vir homself
hy het voor dit nie geweet
waar hy vandaan gekom het nie
hy het vanoggend eers gehoor
sy pa was ’n border collie
wat geen grense gerespekteer het
sy ma was ’n labrador
sy ouma was ’n duitse herdersmeisie
sy oupa was ’n windhond
hy het ’n vriendelike geaardheid ge erf
en was ’n bobaas stertswaaier
hy het nie geweet
hy is op die spca deathrow nie
tussen al die mense het hy
my gekies
hy groet my elke aand
en word nooit kwaad
of dikbek nie
al is hy ’n bietjie dom
van al die hongerly
dankbaarheid ken geen perke
blydskap ken geen perke
jy is nie meer alleen hond
ek is nie meer hond alleen nie
Leave a Reply
Be the First to Comment!