1765) Die sneeuman
Staan en huil
op die hoek
van die sneeubedekte plein
sy trane van hartseer
sny twee gleuwe van smart
oor sy wange
dit gleuf oor sy bors
hy huil oor al die alleenkinders
vir wie hy ’n lekkergoed gegee het
hulle dankbaar oog
hy kon lees net vir nou
waar gaan hul vanaand
op ’n vrot matras
die toffie eet
My GOD sien Jy
DIT alles raak
Leave a Reply
Be the First to Comment!