1788) Ek sien uit
daarna om weer
kind te wees
weer die ou populierboom
te klim
kleilat te gooi
moddervoet te loop
perskes te pluk
en pit in die
dam te spoeg
die geel roos
vir my ma te pluk
die reuk van die
rooi roos op
te snuif
ek maak my oë oop
ek sien die murasie
en kakiebosse
die tyd het nie stilgestaan nie
Leave a Reply
Be the First to Comment!