1792) Beteul die lus
haar ma het haar gewaarsku
om haar hande tuis te hou
dit is so maklik my kind
as jou hande dwaal
om verkeerd te vat
as die versoeking te groot is
drink ‘n glas water
sy onthou nog die woorde
dit was so lekker gewees
sy wou meer en meer hê
sy was lus vir nog
toe besef sy
dit is nou drie jaar gelede
dat sy haar eerste
stukkie gehad het
dit was so lekker
sy het aangehou
toe die aantreklike ou
oorkant die koektafel glimlag
smile sy terug
maar dit was nie vir haar nie
maar vir juffrou 60kg
agter haar
Leave a Reply
Be the First to Comment!