1793) By jou wil ek
my tyd deurbring
by jou wil ek
teen jou warm lyf sit
by jou wil ek
in jou oë kyk
ek wil jou lippe lees
daaraan hang
om meer te hoor
jy sus my
aan die slaap
maar ek weet
jy gaan netnou
my in die bed sit
en toewikkel
in my kleuterkombersie
jy weet nie
maar ek slaap nie altyd nie
ek loer vir jou
Leave a Reply
Be the First to Comment!