1802) Was jy al ooit gevra
ek het nog nooit so daaraan gedink nie
waarom vra jy my
of ek lief is vir die vrou
in my huis
ja want waarom
is sy nou al ’n jaar lank hier
sy gee om en kyk om
as ek dwaal
sy koop my om
met komkommer
en pampoen
varktjops is my dood
na die sago poeding
sê ek
jy is my lief
Leave a Reply
Be the First to Comment!