1807) Die vyf rose

1807) Die vyf rose

wat ek vanaand in die portaal gesit het
is vars gepluk uit my tuin

die reuk dartel in jou neus op

jy kyk op en gee ’n hemelse glimlag

jou oë word sag

jou lyf smelt teen my

jy fluister in my oor

JY is my alles

is dit maar net
wat vyf rose kan doen

more haal ek al die gras uit
en plant honderd rose

ek weet ek gaan hemel toe

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz