vasgevries in jou wêreld
sien ek jou
maar die ysbeer pels
warm jou
jou figuur versteek
maar jou lyf vertel
van die ysbeer snoeker spel
jy ontdooi
jy skil die beer se vel
die woltrui ruk jy af
die naakte waarheid
staar my aan
ysbeer snoeker kan
ek nie speel
jy bly koud
Leave a Reply
Be the First to Comment!