1820) Waarom bang jy

1820) Waarom bang jy

vra die vier besope mans
terwyl hulle teen golgota opstap
die kruis afgeëts teen die
laatmiddag son

jy is ‘n chancer
wat uitgevang was, ne

waarom antwoord
jy ons nie

die soldaat stamp hulle
uit die pad
en druk die asynspons
teen die man se
dorre lippe

hy sal nog praat
as die spies kom
sê die soldaat
dan vol bravade

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz