1822) Jy is begeerlik
sê die ouerige man
aan die kroegmeisie
sy lag skamerig
ek is tien uur van diens
ek sal jou huistoe vat sê hy
dankie oom sê sy
met respek vir ’n oom
langs die pad
het die motor gaan staan
die oom het gevroetel
sy het geskree
die skoot deur die ruit
het die oom dood gelaat
die verkragting gevolg
het haar gees doodgelaat
doodoog kroegmeise
was sy toe
Leave a Reply
Be the First to Comment!