1827) Hava se hoerhuis
doen goed sake vanaand
more gaan daar dinge gebeur
maar vanaand gebeur
dit al hier
sy tel die silwerstukke
judas een van haar
beste kliente
spandeer baie vanaand
hy tip goed
net langs die hoerhuis
is die welige tuin
van getsemane
die ouens gaan loop
saam met die meisies daar
claudius en hoer hanna
kom aangehardloop
verskrik
daar is ‘n man
wat vreeslik ween
die bloed stroom uit sy oë
hava skrik haar boeglam
daar was baie gepraat
oor die Man
wat sê hy is die
Seun van God
kan dit dalk Hy wees?
Leave a Reply
Be the First to Comment!