1833) Ek mag jou nie kry nie

1833) Ek mag jou nie kry nie

met jou helder kloklag
beur jy op

jou glinster oë se
blink lig
verlig my wêreld

ek mag jou nie kry nie
jy weet dit nie

maar ek kom gereeld
om

jou kloklag te hoor
en jou glinster oog te sien

en in jou blink lig
te staan

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz