1841) Die jong versies

1841) Die jong versies

Die ou bul staan in die doods akker
en snuif die koel herfswind

hier is genoeg groen gras en water
vir sy leeftyd

ja ons almal se tanne word stomp
en geel, ons tonge skurf

ons windgat dae verby
ons hare tossels

maar ons memories
bly HD 2010

die versies pla nie meer
hy glimlag terwyl hy oor die weivelde kyk

3000 koeie en versies

’n man moet eendag rus
maar nou het hier ’n rep verbygekom met
viagra cialis en stamina fit !

gaan jy koop oom vra die rep
die ou bul haal sy beursie uit
en glimlag !

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz