tot die nag glitter
dan is elkeen op sy eie
ek kan mooi maak
en versteek
maar oordeel
kan ek nie
ek is al gebliksem
omdat sy nie
mooi genoeg was
maar met poeierkwas
en lipstiffie
kan ek net soveel doen
ek het ‘n skewe kakebeen
en ‘n skewe neus
maar die geld is goed
Leave a Reply
Be the First to Comment!