1882) Jong liefde
begin in die lente
die broos knoppie
bot aan die takkie
die hitte spoor dit aan
dag na dag groei dit
totdat dit bloei
en kleur en geur
versprei
die liefde word bevrug
die jong liefde moet dood
om vrug te dra
die reste reis
op die wind
die jong vrug
kind van die liefde
groei met blooswang
om soet en ryp
te wag
die vrugtevlieg kom
en plant haar liefdesaad
die kringloop van die liefde
eindig in die dood
Leave a Reply
Be the First to Comment!