1888) As ek my oë toemaak

1888) As ek my oë toemaak

Sien ek my lief se gesig
afgeëts teen die donker

die grense van mooi
van onskuld van elegansie

sien ek in die donker
van die dag

wanneer haar sagwarm asem
oor my wang streel

en haar hare
my voorkop streel

dan ontwaak my gees

my God ek het

’n duisend jaar geslaap

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz