1900) Weeskind

1900) Weeskind

toe ek jou gesien het
het jy bewend
in die ry gestaan

jou dun beentjies het geruk
jou oë was verskrik

jou pappa was nie daar nie
net die kwaai tannie

jy moes gou leer oorleef
in die storms
van die lewe

jare later het jy
my skulpie
op die strand uitgespoel

ek het jou gevind
jy is nie meer weeskind

nou lê jy knus
teen my skouer

en droom van
‘n huisie, ‘n tuintjie
en drie kinders

wat speel en lag
saam met ‘n swart hond

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz