1962…Kan ek jou hart verstaan
jy het op my skouer gehuil
omdat ek jou vriend was
ek het jou vasgehou
jou ‘n stukkie mens hart gegee
omdat ek jou vriend was
die lewensvreugde het ek ontvang
toe jy weer vry was
om te vlieg
jou hart was weer sterk
jy het opgekyk na die hemel
jou glimlag het vertel
op wie jy vertrou
(ek is net jou vriend)
Leave a Reply
Be the First to Comment!