as ek babbel
dan stil jy
en luister jy
jou geheime hou jy
soos die swart wolk
jy maak my opgewonde
as jy net glimlag
wyk die miswolke
voor my oë
jy vertel nie
as die lig breek
en ek hyg in jou arms
woordeloos
hou jy my vas
my omgee man
ek is lief vir jou
Leave a Reply
Be the First to Comment!