1970…Annietjie se veertigste verjaarsdag

1970…Annietjie se veertigste verjaarsdag

Vandag is jy n jaar ouer
as wat jy gedink het jy is

vandag is jy een jaar wyser
as wat jy gedink het jy is

die koek op die tafel
het een kersie meer
as wat jy gedink het

vandag smaak die koek
baie lekkerder
as wat jy gedink het

die ou wyn verbeter
met die jare en smaak lekkerder
as wat jy gedink het

jy is vandag veertig

kom en gee my

n drukkie

n slukkie

en n stukkie

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz