1971…Toe ons nog klein was
het jy maklik oor
lego blokkies gespring
en gesê lief jou akke
jou spoegsoen ,druksoen
was was toe al lekker
toe jy kleuter was
het jy maklik oor
die watervoor gespring
die soen was droër
en lekkerder
toe ons jongmens was
kon jy net
twee meter spring
jy kon oor al
die struikelblokke spring
ek sit en kyk na ons kleuter
en wonder of jy haar kan leer
om oor legoblokkies te spring
as jou knië nou so stukkend is
Leave a Reply
Be the First to Comment!