1986 …Vir keer
Elke dag kronkel ek
buffer teen buffer
en vorm die slang
wat blink in die laatmiddag son
ek wil links
kry n kans
en waai bly
ek het 10 meter gewen
ek gee n kans
en verloor 10 meter
strak gesig wag ek
vir nog n gap
die bliksemse taxi
druk voor in
ek glimlag styf
vanaand 8 uur
kom ek eers by die huis
wie ?
gaan my glo !
Leave a Reply
Be the First to Comment!