1987…Liefdesbrief
Ek kan nie altyd my gevoel
omsit in woorde nie
as ek na jou kyk
en jou oë sien blink
in die laatmiddag son
dan wel emosie in my op
my oë traan onwillekeurig
en my hart word sag
die kalmte en warmte
hier binne my
kan ek nie beskryf nie
die begeerte warm
en polsend hier binne my
ek kan nie maklik my gevoel
in woorde omsit nie
daarom bêre ek ook
hierdie gedig
saam met die 99 ander
wat ek vir jou geskryf het
Leave a Reply
Be the First to Comment!