385) Traanstreep
die traanstreep oor jou wang vertel van hartsap wat gestort is ’n hartseer wat oopgebars het ’n vloedgolf seer en lelik wat uitgestort is die hart die traansakke is leeg alweer afwagtend op ’n nuwe hoop as ons nie meer hoop nie dan klop die hart nie meer nie Liked it? Share it please …