Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte

Month: February 2008

363) lonesome

363) lonesome

February 1, 2008

het jy al ooit op ’n klip gesit, die vlaktes gekyk en gesien hoe die vlakte roepertjie hoogwolk vlieg en sy vreugdelied uitgerek uitstort oor die platland in die laat dag, die lied van die lewe val op ons kleinmens jy is eensaam maar nie alleen Liked it? Share it please …

364) is dit donker?

364) is dit donker?

February 1, 2008

Die donker dae so swart soos die nag. Ek moes veilig in die nag gebly het maar die aardbol draai, alles word verlig. Net nie ek nie. Dit is so donker. Die maan kom styflip verby, sy kan eers oor veertien dae glimlag. Liked it? Share it please …

365) valenpyl

365) valenpyl

February 1, 2008

die jagseisoen is om die draai, oral word die vere reggeskud, prooi uitgekyk hy sit geduldig en maak sy rooi pyle sy boog styfgespan hy bewe van wellus elke pyl word gespoeglek die boodskap moet kragtig wees kom ons kleef Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
© 2025 Berg Gedigte