521) jy is ‘n toe boek
jy was bruin, effens verweer jou blaaie omgekrul maar ek het jou oopgemaak die woorde in jou hart geskryf het ek gelees jy het oop voor my gelê slagoffer van my honger gees ek het jou ingedrink kennis ingeneem lang tyd is verby jou kennis is myne Liked it? Share it please …
514) kwitansieboek van die lewe
ek het weer genade ontvang ek skryf ’n kwiransie uit vir genade, R1000 ek het my vrou afgejak, R500 ek het my vererg, R300 ek verneuk my vrou, R5000 ek’s dronk en stamp die kar, R8000 ek steel, ek lieg, R10000 ek het ’n lover, R20000 ek skei, R50000 in die kollektebord = R 94800 …