842) kom sonder kommer 842) kom sonder kommer July 14, 2008 kom sonder kommer het sy gesê min het ek geweet ek moes gekommer het en nie sonder kommer gekom het nie Liked it? Share it please …
827) jou wit lagtand 827) jou wit lagtand July 12, 2008 glinster in die flou kerslig tande omring deur lag lip ogies glinster en kreukel die jare vertel van wellus en avontuur Liked it? Share it please …
828) die vlieswolkie 828) die vlieswolkie July 12, 2008 lê laag op die horison en wag vir die son om bed toe te gaan wie weet dalk kan sy die son verlei Liked it? Share it please …
829) omdat die wind my waai 829) omdat die wind my waai July 12, 2008 is ek nie altyd dieselfde ek is ‘n donker wolk laag in die blou lug as die wind my waai raak ek die donder in en pis op die wat vir my gelag het Liked it? Share it please …
830) omdat die wind my waai 830) omdat die wind my waai July 12, 2008 is ek nie altyd dieselfde nie ek is ‘n donker wolk laag in die blou lug as die wind my waai raak ek die donder in en stort op die wat vir my gelag het Liked it? Share it please …
831) ‘n mens moet 831) ‘n mens moet July 12, 2008 jou gees laat seil saam met die wind tot op die top van ‘n berg afspring op ‘n donner wolk saam met die reëndruppels plof in die stof om nat aarde te maak om die lewe saad wakker te maak om te groei tot vag van genade Liked it? Share it please …
832) hoekom sit jy hier by my? 832) hoekom sit jy hier by my? July 12, 2008 is jy bang ek sal loop? weet jy dan nie dat jy twee keer saam met my om die maan gedraai het nie? ek kan nie meer nie Liked it? Share it please …
833) de la rey 833) de la rey July 12, 2008 jy was dapper gewees geveg vir reg maar jou geweer se loop was krom die bliksemse kakies het jy misgeskiet hulle het nie minder geword nie, maar het jou verswelg generaal generaal dit was verdwaal gewees Liked it? Share it please …
834) wanneer ek 834) wanneer ek July 12, 2008 swak en stil is het ek jou krag nodig my rots jy swak nie jy klim die berg met vreugde op jou skouer die kruis van die ewigheid Liked it? Share it please …
825) pampoen 825) pampoen July 10, 2008 jy dink seker ek is ‘n pampoen omdat ek steeds by jou kuier ek wag dat jy my water gee dat jy my blom kan sien Liked it? Share it please …
826) ons smag 826) ons smag July 10, 2008 ons smag na reën die reën wat liefde laat vrugskiet maar waarom ontkiem my saad nie? Liked it? Share it please …
814) die nuwe dag 814) die nuwe dag July 9, 2008 begin vandag hoe weet ek dit ek sien die flou oranje op die horison die sterre skuif een-een bed toe en skakel die lig af die belofte van ‘n nuwe dag word waar Gods woord is waar. Liked it? Share it please …