976) jou glimlag bring my nader
so nader ek lees my naam in jou groen oë ek kan jou tanne tel ek kan die swartkoppies op jou neus sien jou asem ruik soos die warm woestynwind wat oor ’n dooie kameel vloei ek ruk terug ek sal nooit weer ’n hiëna teef date nie Liked it? Share it please …
982) wys my al jou trieks sê sy
en buk laag voor my met haar baie laag halslyn ek kyk in haar grys oë wat terg wys my sê sy al jou trieks ek haal my pak kaarte uit en skommel, haal die jokers uit sê ek daar is geen jokers jy is ernstig ek vasvat haar om die bolyf ek stroop dit …
972) die tulpe lag
oopbek geel dit is lente die rose nog styfblaar rooi die wingerd gis al die suurlemoenboom glimlag die boontjie kry sy loontjie die vlinder bevrug blom na blom die sprinkaan vreet sy voor tande groen die hondevlooi maak ’n shopping list die spinnekop spin soos ’n swart kat die jellievis dril op die parade grond …