1505) Die kettings is gebreek
ek stap uit die sel die tralies se streep skaduwees lê agter my die nagslot wat jou in die sel vaskeer het vir die laaste keer oopgeknars ek stap uit in witlig wat streel oor my vel en kyk om dood en koud eenkant staan jy daar sel van die dood ek kan weer lewe …
1507) Weet nie van beter
die vrouens van hierdie dorp weet nie van beter hulle dra almal dieselfde haarstyl en blomrokke hulle kry nooit blomme nie die manne spog in die kroeg en huil oor die bote en double cabs wat die balju gevat het hulle spog oor hoeveel vrouens hulle al gespyker het Twaalfuur maak die kroeg toe en …
1508) Jy laat my wonder
of ek kan vlieg en klief deur die lug of die wind wat fluister nog iets wil vertel of die wind wat die riete roer deur jou gestuur is of die koel somerwind wat oor my wange vloei of die orkaan deur jou gestuur is om my te verinneweer omdat ek jou liefde versmaai het …