1887) Die lafaard
Jy bekruip in die donker jou mantel van lig verblind haar jy bekruip, jy nader nie jou prooi manlik nie jy spin ’n storie beslis nie jakkals en wolf nie sy glo die wolf want hy praat tog so alte mooi ek hoop tog sy sien die man leeu daar buite lafaard sluip jy weg …
1888) As ek my oë toemaak
Sien ek my lief se gesig afgeëts teen die donker die grense van mooi van onskuld van elegansie sien ek in die donker van die dag wanneer haar sagwarm asem oor my wang streel en haar hare my voorkop streel dan ontwaak my gees my God ek het ’n duisend jaar geslaap Liked it? Share …