1990…Ek is seksie tot dagbreek
Met jou goedkoop leuens het jy my vertrap tot in die stof jy wil my breek my sien hangskouer my afskiet met jou woordpyle my middeldeur sny met jou woord van haat maar jy weet nie ek het diamante waar my dye voeg ek is seksie tot dagbreek tot die nagbrander my op die dagstrand …
1988…Jou hande fladder
Jou hande gewigloos fladder oor my lyf vroetel my hare streel my wange jy laat my rede verloor en ry my golf wanneer jy terugtrek en die magic saamneem ruik ek saggies jou manreuk wat in die lug hang my borste puntig skree vir meer ek verorber gulsig jou teenwoordigheid Liked it? Share it please …