2395…Mag ‘n honderd penne
rolbal penne vilt punt penne rooi penne groen penne blou penne swart penne pienk penne silwer penne die roller penne gly oor die blad ‘n digkind gebore elke uur die bloupen ‘n kind word swaar gebaar ‘n rooipen ‘n gevaarlike halfuur maar die gel pen glibber gly ‘n embrio ‘n digkind elke kwart uur Liked …
2393…Woorde skat
ons elkeen het ‘n woordeskat of dit nou ‘n skat van woorde is sal niemand weet nie want jy bly nie lank genoeg nie ‘n waardeskat is wat jy erf van moederskoot soos, dankie nooi, redelik, wanneer, vriendelik, ens woordeskat is wat jy langs die pad optel kaptein, kanon, drol, mishoop, uitvaagsel, moer, bliksem, donner …