2611…Die son is lus vanaand
Hy het ‘n harde dag agter die rug gehad en wil ‘n stywe dop drink en ‘n bietjie speel toe hy oor die horison verdwyn gryp hy ‘n paar vlieswolkies om saam bed toe te neem moreoggend as die son opkom huil die verwagtende wolkies die trane stort op die aarde neer die mense juig …
2604…Kom ons dans klaradyn
Kom en dans saam met my en ek sal jou liedjies leer wat jy dan eers sal verstaan jou dansrok sal geheime bewaar maar ons dans sal jou geheime verklik die feesmaal is klaar kom dans klaradyn kom en dans weer met my kom vertel my dat jy die bruid van my hart vir altyd …